Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: "Elegie" deur HENNING PIETERSE
Re: "Elegie" deur HENNING PIETERSE [boodskap #33046] Wo., 02 Augustus 2000 00:00
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2947
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat beteken die woord Elegie? Ek kan nou nie onthou nie en het ook nie 'n
woordeboek byderhand nie.

skryf in boodskap news:39879433.1EEE59@home.com...
ELEGIE
Henning Pieterse

Die bougainvillaea bloei 'n vrolike rooi,
het jy die dag gesê voor jy weg is.
Ook: ek verstaan jou nie. Verstaan jou nie.

Langsaan het spreeus
die pruimboom kaal gesteel.
Hulle het soos ek dit nie verstaan nie.

Die formasies van voëls in die rooi middae
kon ek natrek
en die niks bewonder.

Tussendeur het jy laat weet van bloed
wat opdroog. Droë blomme
kon ek nooit begryp nie.

Op 'n dag vat die jakaranda
blou vlam by die venster
sonder dat hy dit verstaan.

Toe was die bougainvillaea uitgebloei.
Sy hang, sonder om te verstaan,
tussen spreeus in die jakaranda.
Re: "Elegie" deur HENNING PIETERSE [boodskap #33047 is 'n antwoord op boodskap #33046] Wo., 02 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Elaine wrote:

> Wat beteken die woord Elegie?

Dis 'n "treurlied." Hierdie gedig, as ek ditreg interpreteer, is 'n treurlied
vir iemand
wat selfmoord gepleeg het.

Gloudina
Vorige onderwerp: "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 20 09:32:26 UTC 2025